WILLOWMORE NUUS - 'n 46-jarige man, Peter Washinggreen, van Oudtshoorn is die afgelope naweek in 'n ongeluk 10km van Willowmore af op die Aberdeen-pad oorlede.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, was adjudant offisier Washinggreen 'n lid van Oudtshoorn se polisie en was hy in die hof werksaam.
"Sy voertuig is Saterdag middag 14:00 in 'n beboste gebied langs die pad ontdek," het Visser gesê.
"Wanneer die botsing plaasgevind het, is onbekend aangesien die voertuig nie sigbaar was van die pad nie.
"Daar was geen ander voertuie by die botsing betrokke nie en hy was die enigste insittende."
Ao. Peter Washinggreen is die afgelope naweek in 'n ongeluk oorlede.
'Ons bring jou die nuutste Willowmore, Klein Karoo nuus'