LADISMITH NUUS - Die Ladismith-polisie het van 16 tot 26 Maart ses persone vir ondermeer dwelmverwante klagtes in hegtenis geneem.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het hulle gedurende die naweek van 16 tot 18 Maart verskeie dwelmhuise in Ladismith en Zoar deursoek.
"'n Bekende 32-jarige dwelmsmokkelaar, in Mossiestraat se huis is deursoek. Die polisie het op 26 gram tik, 27gram dagga en 26 leë tikstokkies beslag gelê."
In Sakkiesbaai is 'n 45-jarige man vir die besit van dagga en 16 daggabome van 70 cm lank gevang. Daar is ook twee persone in Zoar vir handel in drank sonder 'n lisensie in hegtenis geneem.
"Dinsdag is 'n 27-jarige man vir 85 gram tik ter waarde van R29 750 in hegtenis geneem. Lede van die sigbare polisiëringseenheid en die Barrydale-polisie het 'n rooi VW Polo op die R62 deursoek.
"Die tik is by die verdagte gevind. Hy is van Elsiesrivier en sal in die Swellendam-landdroshof verskyn."
Cederas sê die polisie waarsku dwelmsmokkelaars dat hulle veral die komende Paasnaweek streng teen handelaars gaan optree.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'