OUDTSHOORN NUUS - Om misdaad te pleeg is nooit die moeite werd nie en mense wat dink hulle kom daarmee weg maak ‘n fout.
So sê kapt Louis Visser, kommunikasiebeampte van die Oudtshoorn polisie nadat die polisie sedert verlede Donderdag 32 mense vir ernstige misdade in hetenis geneem het.
Behalwe vir die 32 arrestasies is nog 19 verdagtes op klagtes wat met dwelms verband hou in hegtenis geneem, wat die totaal op 51 binne vyfs dae bring.
“Ons het ‘n operasionele plan waarvolgens ons werk wat in lyn is met die provinsiale en nasionale plan en ook die “Back To Basics” strategie.
"Van die arrestasies wat ons in die vyf dae uitgevoer het was onder andere vyf vir roof, sewe vir besit van gesteelde eiendom, drie vir dronkbestuur, twee vir besit van ammunisie, vier vir besit van huisbraaktoersuting, twee vir aanranding en twee vir huisbraak.
“Ons kan nie beklemtoon hoe belangik die publiek se hulp en samewerking is om misdaad hok te slaan nie. Hulle is ons oë en ore en sonder hulle hulp is dit nie moontlik om ons dorp veilig te hou nie.
Daar is verskeie straattkommitees wat suksesvol saam met die polisie werk. Mense wat by straatkomitees wil betrokke raak kan met die volgende lede skakel:
- Sektor 1 (Bongulethu) :Const Diedericks, 082 522 3207
- Sektor 2 (Bridgton): Kapt Nortje,079 893 9969
- Sektor 3 (Dorp): Kapt du Plessis, 082 821 1027
- Sektor 4 (Plase): AO Strauss, 082 444 2370
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'