OUDTSHOORN NUUS - Lede verbonde aan Oudtshoorn-polisie se Vispol-eenheid het Saterdag 30 November plaaslike kinders op 'n uitstappie na die Cango Wildlife Ranch geneem.
In gesprek met ao. Jacinda April verduidelik sy dat die uitstappie nie slegs was om vir die kinders te wys waaroor die dorp gaan nie, maar om by hulle 'n positiewe saadjie te plant.
"Sodat hulle kan weet dat jou omstandighede nie bepaal wie jy is en waarheen jou reis jou sal lei nie, ongeag die grootte van die saad produseer dit steeds groot vrugte, so moenie klein drome najaag nie, droom groot sodat jy die wêreld kan wys dat jy uit jou omstandighede kan styg."
Die onderskeie range in die polisie is ook aan die kinders verduidelik. Hierdie projek vorm deel van die 'Coffee with a Cop'-inisiatief waar plaaslike polisielede uitreik na die jeug in die gemeenskap.
Oudtshoorn-polisie se Vispol-eenheid is dankbaar teenoor die bestuur en personeel van Cango Wildlife Ranch wat die geleentheid moontlik gemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’