Etienne Plaatjies (1:08:52) in die eerste plek, gevolg deur Gershwell Jacobs (1:12:15) en Francois Maquassa (1:17:36) word deur die bekende Oudtshoorniet, Hans van der Veen afgerig.
In die dames wedloop het Johanna Moqaka (1:44:15) van Prins Albert die eerste plek ingepalm, gevolg deur Tiekie Steytler (1:59:35) van Durbanville en Kay Bester (2:00:57) van Knysna.
Diederick le Grange, organiseerder van die veldwedloop, was hierdie week opgewonde oor die groot toename in die aantal deelnemers. Die wedloop is die eerste keer in 2013 aangebied en 24 atlete het deelgeneem. Vanjaar het 61 atlete weggespring.
"Dit was `n baie lekker dag en die weer het ook mooi saamgespeel," het Le Grange die week vertel.
"Ons sal die wedloop graag `n jaarlikse instelling wil maak." Daar is baie goeie terugvoer van al die atlete ontvang en ons is werklik opgewonde oor wat voorlê."

Johanna Moqaka, Tiekie Steytler en Kay Bester is die vroue-wenners.
'Ons bring jou die nuutste Oudtsthoorn, Klein-Karoo nuus'