DYSSELSDORP NUUS - PJ Badenhorst Primêr in Dysselsdorp het na 17 maande 'n nuwe skoolhoof aangestel.
Enrique Petersen sal volgende jaar as nuwe skoolhoof van PJ Badenhorst begin.
"Ons is baie opgewonde om hom by ons skool te hê.
"Dit was 'n strawwe aanstellingsproses, maar ons glo hy is definitief die beste kandidaat vir die pos.
"Die skoolbeheerraad en personeel wens hom alle voorspoed toe in hierdie posisie," het Desmond Salmans, voorsitter van die skool se beheerliggaam, gesê.
Petersen is 'n Oudtshoorniet en was die adjunkhoof van Colridge Primêr.
Die skoolhoofpos by PJ Badenhorst het vakant geword na Colan Sylvester as skoolhoof bedank het en as burgemeester van Oudtshoorn aangestel is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'