OUDTSHOORN NUUS - ’n Filmreeks waarin inwoners nie net hul talent ten toon stel nie, maar ook gesels oor dié besondere dorp en streek, word as deel van die aanlyn KKNK 2021 aangebied.
"Alhoewel gehore die afgelope twee jaar nie na Oudtshoorn kon kom vir die KKNK nie, bring ons nou die talent, stories en mense van Oudtshoorn na gehore regoor die land," sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.
Om Oudtshoorn se mense te kyk, besoek die KKNK se YouTube-kanaal en volg ook die KKNK op sosiale media.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'