Brig. Lavona Januari, wat voorheen stasiebe-velvoerder van Landsdown-polisiestasie was het die leisels as bevelvoerder by brig. Risimati Maluleke oorgeneem en brig. Phumzile Cetyana is as die klusterbevelvoerder in Oudtshoorn aangestel. Dié twee is deel van ses senior bestuurders in die Wes-Kaap wat in strategiese polisiëringsposisies aangestel is.
Volgens 'n verklaring van lt. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, is die aanstellings van een majoor-generaal en vyf brigadiers vanaf 1 Junie geldig.
"Maj.genl. Johan Brand (46) was voorheen die stasiebevelvoerder by die Mitchells Plain-poli-siestasie en is nou as die klusterbevelvoerder in Khayelitsha aangestel. Brig. Vuyisile Ncata wat stasiebevelvoerder by die Langa-polisiestasie was, is na die Paarl-polisiestasie bevorder. Brig. Lillian van Wyk is die nuwe provinsiale hoof van personeelbestuur en brig. Vuyani Mdimbaza, vorige stasiebevelvoerder van Phillip-Oos is nou die stasiebevelvoerder in Worcester," het hy in sy verklaring gesê.
Waarnemende provinsiale kommissaris, maj.genl. Hendrik Burger, het die nuwe senior be-stuurders aangemoedig om dienslewering in hul streke eerste te sit.

Van links is brig. Lillian van Wyk, maj.genl. Hendrik Burger (waarnemende provinsiale kommisaris van die Wes-Kaapse polisie), brig. Phumzile Cetyana (klusterbevelvoerder van Oudtshoorn), maj.genl. Johan Brand, brig. Vuyani Mdimbaza, brig Lavona Januari (stasiebevelvoerder van Oudtshoorn), maj.genl. Rène Fick (adj. provinsiale kommisaris), en brig. Vuyisile Ncata. Foto: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'