OUDTSHOORN NUUS - Marshall Koopman van Oudtshoorn-brandweer en -redding het op 8 Mei sy brandweerman 2-kursus by die Kaapse Wynland Opleidingsakademie in Stellenbosch suksesvol voltooi. Hy het met topeerbewyse weggestap.
Koopman is aangewys as die beste praktiese student, en het ook die titel, Algehele Student van die kursus, ontvang.
Hy was een van 29 brandweermanne wat vir die kursus gekies is, wat op 30 Maart vanjaar begin het.
Volgens Koopman was die opleiding intensief en het dit beide teoretiese en praktiese evaluasies ingesluit.
"Ek is trots op die prestasie wat ek behaal het en ook vir die geleentheid om ons dorp en munisipaliteit daar te verteenwoordig," het hy gesê.
Die prestasie word beskou as 'n groot mylpaal in sy loopbaan en 'n trots vir die Oudtshoorn-brandweer en -reddingspan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’