OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn- en De Rust-toerismeburo het in Januariesaam met Buffelsdrift Game Lodge en die Kango-grotte gereis om die Vakantiebeurs Tourism Show in Utrecht, Nederland by te woon.
Die Vakantiebeurs, wat oor 'n week strek, is 'n handels- en verbruikersskou wat jaarliks meer as 65 000 besoekers lok.
Volgens Corleen Barnard, toerismebestuurder van Oudtshoorn en De Rust was Oudtshoorn die enigste toerismekantoor van die Tuinroete en Klein-Karoo-omgewing wat die geleentheid bygewoon het.
Die groepie van Oudtshoorn het ook 'n suksesvolle promosietoer (roadshow) in Switserland voltooi en het hulle verskeie toeroperateurs besoek om die Groter Oudtshoorn te bemark.
Barnard vertel dat hulle goeie werksverhoudings en vennootskappe met die operateurs gebou het.
"Vir die toeroperateurs wat ons onge-looflike streek wil besoek, is hierdie same-werkende bemarkingsinisiatiewe uiters belangrik as bestemmingsbemarking," vertel Barnard.
Volgens haar is verskeie Europese lande kernmarkte vir Suid-Afrika, én spesifiek vir die Oudtshoorn-streek. "Hierdie skoue is altyd voordelig, en dit is lonend om die resultate van vennootskappe te sien wat voortspruit uit die jaarlikse oorsese besoek wat ons aflê," sê Barnard.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'