OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-munisipaliteit se nuwe koopkragdiensteverskaffer, Utilities Wordl is tans in proses met die finale fase van die oorskakeling rakende die aankoop en verspreiding van elektrisiteit volgens ‘n persverklaring van die burgemeester-kantoor.
Hoewel daar enkele administratiewe en tegniese uitdagtings is wat verband hou met die openbare vakansiedag, verloop die oorgang oor die algemeen glad en volgens beplanning.
Die proses behoort op die laaste vanmiddag, Vrydag 2 Januarie afgehandel te wees. Die meeste uitlaatpunte is aktief en elektrisiteitsverkope funksioneer goed.
Neem kennis van die volgende belangrike inligting rakende die oorskakeling
• Elektrisiteitsaankope by alle spaza-winkels funksioneer normaal. Hierdie verkooppunte maak gebruik van die Flash-betalingsplatform, wat reeds ten volle geïntegreer en operasioneel is onder die nuwe diensverskaffer.
• Elektrisiteit kan by alle banke aangekoop word. Daar word egter tans tegniese probleme ondervind met verkope via FNB. Utitilities World is reeds in geprek met FNB om die aangeleentheid te ondersoek en reg te stel. Die probleem behoort teen vandag, 2 Januarie volledig opgelos te wees.
• Pick n Pay is in die proses om die vorige diensteverskaffer na die nuwe stelsel oor te skakel.
• Die Shoprite/Checkers-groep het aangedui dat die risiko te groot is om die oorskakeling op ‘n openbare vakansiedag te doen. Hul stelsels behoort teen vandag Vrydag 2 Januarie weet ten volle aanlyn te wees.
• SPAR-groep se verkooppunte word tans stelselmatig deur Utilities World geaktiveer om volle funksionaliteit te verseker.• TotalEnergies-en BP-vulstasies is besig met ‘n oorskakeling na die Blue Label-platform om voorafbetaalde elektrisiteit te kan verkoop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’