Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS - Meer as 20 lede van die SAPD en verkeersdepartemente het vanmiddag 'n mobiele voertuigtoetsstasie in Voortrekkerweg beman.
Tydens die drie-uur lange operasie is 18 persone aangekla vir verskeie klagtes, R14 500 se boetes is opgelê en 14 voertuie se padgebruik is opgeskort weens onpadwaardigheid.
Die inligting is na aflloop van die padblokkade deur Gerald Becker, provinsiale verkeershoof in die Suid-Kaap, bevestig.
'n Dwelmhond is ook ingespan om verskeie voertuie as deel van die roetine operasie te deursoek.
Die mobiele eenheid word tydens die Paasnaweek op verskeie punte in die Suid-Kaap aangewend.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'