OUDTSHOORN NUUS - Nominasies vir die 2025 Nasionale Onderwys Toekennings is nou oop tot 16 Mei.
Die nasionale onderrigtoekennings gee die geleentheid om onderriguitnemendheid te vier, en om die uitstaande werk wat elke jaar deur onderwysers in openbare skole verrig word, te waardeer.
Alle onderwysers, skoolbeheerliggame, skoolhoofde en distriksamptenare word genooi om nominasies in te dien.
Kategorieë sluit in:
- Uitnemendheid in gr. R.-onderrig.
- Uitnemendheid in primêre skool onderrig, gr. 1 - 7.
- Uitnemendheid in primêre skool leierskap.
- Uitnemendheid in sekondêre skool onderrig, gr. 8 - 12.
- Uitnemendheid in sekondêre skool leierskap.
- Uitnemendheid in wiskunde onderrig.
- Uitnemendheid in onderrig vir kinders met spesiale behoeftes.
- Uitnemendheid in leierskap by onderrig vir kinders met spesiale behoeftes.
- Uitnemendheid in natuurlike wetenskap onderrig.
- Uitnemendheid in fisiese wetenskap onderrig.
- Uitnemendheid in lewensvaardighede onderrig.
- Uitnemendheid in tegnologie - verbeterde onderrig.
- Nasionale Beste onderwyser-toekenning
- Die Kader Asmal Lewenslange Prestasie-toekenning.
Die Wes-Kaapse provinsiale onderwys toekennings sal in Augustus plaasvind, waarna die provinsiale wenners in die onderskeie kategorieë sal deurdring na die nasionale kompetisie wat in Oktober plaasvind.
n Meer inligting kan bekom word by https://www.westerncape.gov.za/education/national-teaching-awards
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’