OUDTSHOORN NUUS - Qden Blaauw (20), seun van oud-Oudtshoorniet Denrick Blaauw, het onlangs 'n groot internasionale musiektoekenning gewen toe hy as een van vier finaliste by die Commonwealth Musicians ROSL Overseas Awards 2025 aangewys is.
Hierdie gesogte kompetisie, wat deur die Royal Over-Seas League aangebied word, vier die talent van musikante uit nie-VK Statebondlande. Qden het sy merk gelaat deur sy uitsonderlike klavierspel.
Volgens sy tannie, Linda Mooney, het Qden reeds van 'n jong ouderdom 'n liefde vir musiek ontwikkel. "Hy het homself op 10-jarige ouderdom leer klavier speel en het eers later in sy lewe formele klavierlesse begin neem," vertel Mooney.
Hy beskryf sy nefie as 'n buiten-gewone talentvolle jong musikant wat reeds verskeie musiekkompetisies in Suid-Afrika gewen het en saam met wêreldbekende pianiste, insluitend die befaamde Lang Lang, opgetree het.
Buiten sy soloprestasies het Qden ook verskeie kere saam met die Johannesburgse en Kaapse Filharmoniese Orkeste opgetree, wat sy status as een van Suid-Afrika se mees belowendste jong pianiste verder bevestig. Sy talent en harde werk het hom 'n musiekbeurs besorg, en hy studeer tans aan die London School of Music.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’