Update
LAINGSBURG NUUS - Die N1 is gedeeltelik oopgestel vir verkeer na die noodlottige botsing 17 km noord van Laingsburg.
Volgens 'n woordvoerder van Sentraal Karoo rampbestuur is lede van die forensiese eenheid steeds op die toneel waar vyf mense dood is.
Die botsing het slegs 12km anderkant 'n ander ongelukstoneel plaasgevind. 'n Vragmotor met 'n vrag meel het vanoggend (omstreeks 01:00) 5 km noord van Laingsburg omgeslaan en verkeersvertragings veroorsaak.
Motoriste word gevra om uiters versigtig en met geduld te bestuur.
Lees 'n vorige artikel: Groot ongeluk buite Laingsburg
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'