OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het pas bekend gemaak dat R1-miljoen beskikbaar gestel gaan word om kospakkies te voorsien vir inwoners woonagtig in die groter Oudtshoorn area.
Colan Sylvester (burgemeester) het ook die versekering gegee dat die munisipaliteit se voedselverligtingprogram beoog om 1 600 kospakkies teen Vrydag 24 April te versprei.
Afgesien van die voedselverligtingprogram het die munisipaliteit ook 400 kospakkies van donateurs ontvang.
Volgens Sylvester sal hierdie pakkkies voor die einde van die dag na die verskillende wyke in Oudtshoorn versprei word.
Elke wyk sal 30 kospakkies ontvang.
Meals on Wheels en ander nie-winsgewende organisasies sal dan namens die munisipaliteit hierdie kospakkies versprei.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'