OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het die munisipale skuld van alle kerke en nie-winsgewende organisasies afgeskryf.
Dit is vanaf 30 September 2021 geldig.
"Die Covid-19-pandemie het 'n negatiewe effek op die samelewing gehad, insluitend kerke en nie-winsgewende organisasies. Die besluit om die skuld van R2,1 miljoen af te skryf is tydens 'n spesiale raadsvergadering op 7 Oktober geneem. Die raad het ook besluit dat voorafbetaalde kragbokse en voorafbetaalde watermeters gratis by die instansies geïnstalleer sal word," het die uitvoerende burgemeester, Vlancio Donson gesê.
Die onderburgemeester, Gevan Juthe, het bygevoeg dat indien kerke, woonhuise van kerke en geregistreerde nie-winsgewende organisasies weer op hul munisipale rekeninge in gebreke bly, die munisipaliteit dit teen 50% vanaf hul voorafbetaalde elektrisiteitsaankope sal verhaal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'