OUDTSHOORN NUUS - Die spogaand waarna leerders van Langenhoven Gimnasium al so lank uitsien het op Donderdagaand, 28 April, plaasgevind.
Rihard van den Berg is as Mnr. Gim en Katinka Pretorius as Mej. Gim, gekroon.
Andrew Pfister en Danna Hough is onderskeidelik as eerste prins en prinses gekroon.
Richter van Heerden en Lee-Ann Smith was tweede prins en prinses.
Andrew Pfister en Camen Barnard is as Mnr. en Mej. Fotogenies aangewys terwyl Reuben Homann en Miné Verdoes as Mnr. en Mej. Persoonlikheid aangewys is.
Andrew Pfister en Danna Hough ontvang ook die toekenning vir beste "look alike" - The Choice.
Rihard van den Berg ontvang ook die toekenning vir die seun met die beste herwinningsuitrusting en Aldrie Smith vir dogter met die beste herwinningsuitrusting.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'