OUDTSHOORN NUUS - Mia le Roux, die nuwe Mej. Suid-Afrika, is op pad na Suid-Afrika en land vanmiddag, 20 September in George.
Haar program is in tussen aangepas en is as volg:
Vrydag, 20 September
Om 18:00 word daar vir Mia ‘n spesiale ete by die Kango-grotte gehou. Burgemeester Johan Allers gaan haar verwelkom en die Infanterieskool se orkes, sowel as die Ad Astra-koor van Hoërskool Oudtshoorn gaan tydens die geleentheid optree. Kaartjies kos R200 en is by die burgemeester se kantoor beskikbaar.
Alle opbrengs gaan vir le Roux se stigting en voorspraak gedurende die tyd van haar bewind.
Saterdag, 21 September
Saterdag van 08:00 tot 10:00 ontmoet sy lede van die Nomads-gholfinstansie by Eljada Nasorgsentrum wat 'n skenking aan haar Mej. Suid-Afrika-voorspraakveldtog gaan maak. Van 10:00 tot 12h:0 gaan sy 'n rit deur die dorp doen wat eindig by die De Jager-sportkompleks waar daar 'n fotogeleentheid sal wees vanaf 13:00 tot 15:00.
Parade-roete vir Saterdag:
Vertrek 10:00 vanaf Eljada Nasorg in Victoriastraat, draai links in Condorstraat, links in St. Satvourstraat, regs in Randstraat en kruis Voortrekkerweg, draai links in Jacobsenstraat en draai links in Impalaweg by sirkel, regs by sirkel by die Indepedente Kerk en links in Duiflaan.
Ander strate wat besoek sal word is Zebraweg, Petunialaan, Arnold de Jagerrylaan, 8ste Laan, Springbokweg, Voortrekkerweg, Adderleystraat, Kerkstraat, Hoogstraat, Voortrekkerweg. Die roete eindig by die De Jager Sport-kompleks.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’