OUDTSHOORN NUUS - Die UmuSA Girl Empower-ment-konferensie het Vrydag 16 Augustus by Union Stars-klub in Bridgton plaasgevind. Die dag is moontlik gemaak met 'n vennootskap tussen die departement van sport, Unions Stars en die UmuSA-organisasie.
Laerskool Van Reede se trompoppies het die geleentheid geopen waarna daar krieket en rugby deur die meisies gespeel is. Volgens Suwayna Avontuur van UmuSA is daar hierdie jaar gefokus op manlik-domineerde sport.
"Meisies kan ook sport speel wat gewoonlik deur seuns gedomineer word en is daar goeie krieket en rugby gespeel. "
Spesiale gaste tydens die geleentheid was Oudtshoorn-onderburgemeester, Zoë Tyatya, Madilakhe Matika van die plaaslike departement van sport, Quedene Prins van UmuSA en dr. Steve Harris van die eta College.
Jeneve Robertson het tydens 'n gelukstrekking 'n beurs gewen by die eta College. George High se meisies het die vrouetoernooi gewen en Oudtshoorn-krieket-klub het met die louere weg-gestap in hul toernooi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’