OUDTSHOORN NUUS - Die vure is Saterdag 10 Mei vroeg aange-steek vir die Megabraai by die Weyers Memorial United Congregational Church ter viering van die kerk se 40ste bestaans-jaarvieringe.
'n Rekord getal van 1 200 etekaartjies is vir dié braai verkoop. 'n Ete het 'n sappige biefstuk, wors, wortelslaai, geelrys en 'n broodrolletjie vir slegs R80 ingesluit.
Die voorsitter van die feeskomitee, Andy Lourens, het namens die komitee en kerk sy dank uitgespreek teenoor die gemeente en lede van ander kerkgenootskappe in die gemeenskap vir hul ondersteuning om van die projek so 'n groot sukses te maak.
"Ons het 'n reusetaak aangepak, maar die sukses wys net weer waar daar 'n wil is, is daar 'n weg," sê Lourens.
Die volgende funksie op die kerk se feesprogram is 'n fondsinsamelingsdag op Jeugdag, 16 Junie. Dit word gevolg deur A Trio Around the World-funksie op 1 Augustus waar kosse van ander lande op die spyskaart is.
Die Weyers Memorial United Congrega-tional Church het op 25 Desember 1985 tot stand gekom nadat 44 diakens wat die Oudtshoorn UCC, voorheen die Oudts-hoorn Independente Kerk, verlaat het, besluit het om 'n Kersfeesdiens op dié dag vir hul families te hou na 'n aantal dienste by hul onderskeie wonings.
Die ongebruikte slagpale-gebou in Voortrekkerweg is later van die Oudtshoorn-munisipaliteit verkry op voorwaarde dat net aan die binnekant verbeterings en verbrekings aangebring mag word.
Die gemeente het op 2 Februarie 1986 amptelik sy naam gekry en het op 12 September 1995 erkenning van die UCCSA gekry tydens die Assembly in Bisho. Die kerk is vernoem na wyle Hendrik Weyers wat die Oudtshoorn Congregational Church vir baie jare as kassier, sekretaris, evangelis en ook bestuurder van die kerk se 14 skole gedien het.
Die eerste jaarfees is in Maart 1986 gehou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’