OUDTSHOORN NUUS - Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn polisie het pas die volgende inligting gegee op navraag oor 'n skietvoorval vroeër vanoggend.
'n Polisiebeampte wat van diens af was, is vanoggend omstreeks 03:10 by sy motor in Uniestraat deur mense gekonfronteer.
Hulle het hom glo van sy selfoon en ander besittings beroof. Hy het uit selfweer sy pistool uitgehaal en skote afgevuur.
'n Man is getref en hospitaal toe geneem.
Geen arrestasie is op hierdie stadium gemaak nie.
Uniestraat is 'n systraat wat naby die kuierplek uit Hoogstraat loop.
Die Oudtshoorn Courant het ook n navraag oor laasnag se skietvoorval aan die Onafhanklike polisie ondersoek direktoraat (OPOD) gestuur. Hier is hulle reaksie:
"We indeed received the shooting incident this morning. An incident involved an off duty police official based in George. It is alleged that the police official was being attacked by another male person. We are in the initial stage of conducting investigations. Nobody arrested at this stage. From Mr Sontaga SEISA, Acting IPID National Spokesperson"
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'