Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Inwoners in Smartietown, Oudtshoorn is geskok na die grusame dood van ’n vrou en haar twee jong kinders na hul informele struktuur tot op die grond afgebrand het.
Die voorval het Vrydagaand, 23 Januarie gebeur.
Die vlamme het was te oorweldigend en Petrolene Witbooi (32) en haar tweejarige seun Aden en negejarige dogter, Akeelah, kon nie ontsnap nie.
ie oorsaak van die brand is nie bekend nie. Lede van Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC) het reeds aangedui dat hulle die familie gaan ondersteun.
Nooddienste was volgens inligting op die toneel.
Geen verdere inligting is op hierdie stadium bekend nie. Ons hou lesers op hoogte soos ons meer inligting bekom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’