OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Global Network of Evangelists (GNE), ’n bediening van die internasionaal bekende Luis Palau Association, het op Dinsdagaand, 12 Augustus, by die Protea Hotel byeengekom vir ’n vergadering en netwerkaand rakende die Gospel-fees wat beplan word vier 2026 in Oudtshoorn.
Die Global Network of Evangelists het lede in meer as 70 lande en werk saam met kerke en gemeenskapsleiers wêreldwyd om die evangelie te verkondig, die liggaam van Christus te verenig, en gemeenskappe op praktiese maniere te dien.
Die organisasie se missie is om evangeliste te identifiseer, toe te rus en te mobiliseer vir groter gesamentlike impak.
Onder die teenwoordiges was Bryce Kwant (GNE), Edward Mungai (GNE), en Denver Sumption (GNE), asook pastoor Willie Coetzee van Grace Church International in Oudtshoorn.
Besoek www.palau.org vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’