KAROO NUUS - Die Oudtshoorn Courant het pas bevestig dat 'n ligte vliegtuig wat laat gistermiddag onderweg na Graaff-Reinet vermis geraak het, naby Oudtshoorn neergestort het.
Vlieëniers van die AMS noodhelikopter het die vliegtuigwrak vanoggend net na 07:00 in heuwels noord van die weermaggronde opgespoor.
Dit is onduidelik hoeveel persone in die ligte privaatvliegtuig was, maar dit blyk dat daar geen oorlewendes is nie.
'n Familielid van die vlieënier is tans by die toneel wat ontoeganklik is vir die publiek en die media.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie, het bevestig dat die wrak van die Cessna sowat 10km buite Oudtshoorn naby die weermagterrein gevind is.
Die eienaar van die vliegtuig, wat in die Graaff-Reinet distrik gewoon het en 'n werknemer het in die ongeluk omgekom.
Nog inligting volg soos wat dit bekend raak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'