LADISMITH NUUS - Brandon Ayslie (20), eienaar van Brakkies Carwash, se klasmaats en selfs van sy opvoeders het voorspel dat hy nie matriek sou slaag of iets van sy lewe sou maak nie.
Ayslie het 'n ander visie vir homself gehad en hy vertel met trots dat hy reeds op hoërskool begin het om motors by sy ma se woning vir sakgeld te was.
"Tydens 'n mondeling op hoërskool het ek my droom aan die klas vertel - dit het egter tot 'n groot gespot gelei en was my onderwyser ook maar skepties oor my droom om my eie besigheid te begin."
Hy vertel dat hy eers van huis-tot-huis met `n stofsuier,`n emmer en 'n paar lappe geloop het om motors te was.
Die vraag na sy dienste het egter toegeneem en het hy sy ma se huis, met die hulp van twee van sy vriende, 'n karwas begin.
Toe die vraag te groot word en sy my ma se erf te klein, het hy 'n risiko geneem en na 'n groter perseel op die dorp geskuif.
"My broer, Ian, het as tweedejaarstudent verongeluk en ek besef dat ek my ma, wat 'n enkelouer is, finansieël sal moet ondersteun. Ek het by Ladismith se kaasfabriek begin werk en tydens my af dae en selfs na werk het ek motors langs dié besigheid gewas." Hy vertel dat hy onlangs sy werk by die kaasfabriek prysgee het omdat die karwasbesigheid meer van sy tyd vereis.
Johannes Jantjies, eienaar van `n bestuurskool op die dorp, vertel dat hy sy voertuie net na Brakkies Carwash neem omdat hy altyd uitstekende diens kry.
Anna-Mari Schultz, eens `n opvoeder van Ayslie en nou 'n kliënt, noem dat sy baie trots is op dit wat Ayslie vermag het.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Karoo nuus'