OUDTSHOORN NUUS - 'n Vyf-jarige kleuter, Cornelius (Cornie) Draai, het verlede Saterdag by die Bridgton-swembad verdrink.
Volgens sy Ma, Mita Draai, is sy en haar man David se harte gebreek en kan hulle steeds nie glo dat hul baba oorlede is nie.
Sy het aan die Oudtshoorn Courant vertel dat sy aanvanklik met hom in die klein swembadjie geswem het. “Ons het vir ’n rukkie uitgeklim en by die aangrensende muurtjie gestaan. Terwyl ek met iemand gesels het moes Cornie sy hand van myne losgemaak het. Ek het kort daarna tevergeefs tussen die sowat 400 swemgangers na hom gesoek.”
Sy liggaam is uiteindelik by die diepkant van die groot swembad ontdek.
Cornie was 'n leerder van Dorkas Gesins-nasorg en Voorskoolse sentrum en sou aanstaande jaar sy volwaardige skoolloopbaan begin het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'