OUDTSHOORN - Kansa het verlede Vrydag al die susters wat by die hospitaal en klinieke werk, met 'n oggendtee by die hospitaal bederf.
Adri Odendaal van Kansa in Oudtshoorn het gesê dit is 'n klein gebaar van Kansa se kant af om die susters te bedank vir hulle deurlopende ondersteuning van Kansa asook vir die groot taak wat hulle ten opsigte van inentings verrig.
Sy het gesê mense besef nie werklik onder watter geweldige druk gesondheidspersoneel elke dag werk nie en ook nie hoe organisasies soos Kansa op hulle ondersteuning aangewese is nie. Sowat 30 senior personeellede het die geleentheid bygewoon.
Vier kankeroorwinnaars wat ook by die hospitaal betrokke is, het elkeen getuig van die ondersteuning wat hulle van hul kollegas by die hospitaal ontvang het tydens hulle stryd. Hulle het ook die rol wat Kansa met die ondersteuning van kankerslagoffers speel, benadruk.
Die kankeroorwinnaars wat tydens die oggendtee oor hulle stryd teen kanker gepraat het is Jenny Witbooi (links voor) en Janine Volmink met Annette Jonker (links agter) en dr. Charles Dreyer.
Van die gaste by verlede Vrydag se Kansa-geleentheid.
Verversings wat deur Kansa verskaf is om die verpleegpersoneel te bedank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'