OUDTSHOORN NUUS - Die UmuSA-organisasie in samewerking met Oudtshoorn-munisipaliteit, Hope Forward, Union Stars, JM Pro en Paul Amas het op 16 Junie Jeugdag op 17de Laan vlakkie gehou.
Ongeveer 500 mense uit die gemeenskap het 'n maaltyd ontvang wat moontlik gemaak is deur skenkers.
Suzane Jansen, speaker van Oudtshoorn-munisipaliteit het 'n bemoedigende boodskap oorgedra. Plaaslike polisie en die brandweer het ook die verrigtinge bygewoon.
Die jeug het hul talente met die gehoor gedeel met sang, dans en digkuns. Die dag herinner die jeug aan die dapper jong Suid-Afrikaners wat in 1976 teen die onderdrukkende aparteitsregime in opstand gekom het.
Volgens Quedene Prins van UmuSA is hul dapperheid 'n blywende herinnering dat jongmense nie net begunstigdes van verandering is nie, maar is kragtige dryfvere daarvan.
UmuSA is 'n oragnisasie wat 'n positiewe impak op die samelewing probeer maak deur sosiale kwessies aan te spreek en individue te bemagtig om hul potensiaal te bereik deur verskeie inisiatiewe en samewerking.
Die organisasie poog om 'n volhoubare en inklusiewe toekoms vir almal te skep.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’