OUDTSHOORN NUUS - In 2002 het 'n besondere verlowing die Meiringspoort-waterval se skoonheid verder opgelig. Rampie Mulder het sy geliefde, Louise Norton, met 'n onvergeetlike aansoek tydens 'n wedloop by die waterval verras.
Vandag kyk ons na die unieke deelnemers van die Meiringspoort-marathon in 2023, waar 'n wye spektrum van hardlopers, van die jongste tot die oudste, saamkom om hierdie uitdagende roete te trotseer.
Kom ontdek meer oor die opmerklike stories agter die deelnemers se lewens, van geheime reëlings tot verjaarsdagvieringe op die roete self.
Verlowing
'n Paartjie het in 2002 by die waterval verloof geraak.
Rampie Mulder van Witbank het Louise Norton tydens die wedloop by die waterval gevra om te trou. Rampie het vooraf, in die geheim, gereël om blomme vir sy toekomstige bruid te organiseer wat by die eindpunt vir haar gewag het.
Oudste en jongste 12,5 km-deelnemer man en vrou 2023
Die oudste manlike deelnemer is John Hilliar-Zuyl 80 jaar oud en Beatrix de Villiers is op 81 jaar die oudste vroulike deelnemer.
Die jongste manlike deelnemer is Jens Janse van Vuuren, 15 jaar oud en Yana Fouchee is op 15 jaar oud die jongste vroulike deelnemer.
Oudste en jongste 21 km-deelnemer man en vrou 2023
Hannes Bisschoff , 79 jaar oud, is die oudste manlike deelnemer terwyl Elsabe Kotze op 73 jaar oud, die oudste vroulike deelnemer is. Die jongste manlike deelnemer is Rainart Behrens, 16 jaar oud en Greta Strauss is op 15 jaar oud die jongste vroulike deelnemer.
Verjaarsdae
10 deelnemers verjaar op die dag van die Meiringspoort-marathon, hulle is: Denise Woodgate Philip Swart Mark Nel Annelet Nortier Anna-Marie Nienaber Diya Gajjar Martie Dauth Niel Venter Hennie van Vreden Rider Haggard.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’