OUDTSHOORN NUUS - Die SAPD op Oudtshoorn vra die publiek om hulle by te staan met enige inligting oor die vermiste Geraldo Everts (21).
Hy word sedert 12 Augustus vermis toe hy op die plaas Welgeluk gesien is. Nadat hy daar gesien is, het Everts nie weer by sy huis in Freedomstraat, Bongulethu opgedaag nie.
Tydens sy verdwyning was hy in ‘n swart hemp en ‘n swart broek geklee.
Enige persoon met inligting oor waar Evert hom moontlik kan bevind, word gevra om dringend met kapt. Deon Bouwer by 082 469 7642 kontak te maak of die kantore van die speurtak by 044 203 274 4400 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'