OUDTSHOORN NUUS - Die SA pad- en tyd-, en kriteriumtoets fietrykampioenskappe word van 27 tot 29 September in Oudtshoorn aangebied.
Corné Bence, president van die Wes-Kaap-fietsryvereniging, sê dit is die vierde jaar Eden-fietsry dit aanbied.
Vrydag 27 September
Die kriterium-wedren begin om 09:00 en die prysuitdeling vind om 12:15 plaas.
Die krit-wedren vind in die dorp plaas en verskeie strate sal vir die duur van die wedren gesluit wees.
Strate gesluit:
• Springbokweg tot Zebraweg
• Zebraweg tot Bonteboklaan
• Bonteboklaan tot 5de Laan
• 5de Laan tot Springbokweg
• Hoek van Volstruisweg en Bonteboklaan
• Hoek van Rheebokweg en Bonteboklaan
• Hoek van Klipbokweg en Bonteboklaan
• Berginstraat tot Bonteboklaan
• Hoek van 7de Laan by Bonteboklaan
• Hoek van 6de Laan by Bonteboklaan
• Dele van 5de Laan
• Pearllaan, Corallaan, Saffierstraat, Leeuwweg, Kiewietjie-laan, Flaminklaan, Koraanlaan, Fisantlaan
Die sluiting van die strate sal deur verkeersbeamptes beheer word en geen parkering sal toegelaat word op die geslote strate gedurende die geleentheid nie.
Saterdag 28 September
Die individuele tydtoetse begin om 08:00 en vind in Schoemanshoek plaas.
Die prysuitdeling is om 12:00 by Route62.
Sondag 29 September
Die padwedrenne is die laaste vir die naweek.
Die 14 km-padresies vir die o. 11-seuns en -dogters, sowel as die o. 13-dogters begin by Wilgewandel en eindig by UCC Grootkraal Primêr met 'n omdraaipunt op die R328.
Die 27 km-padresies vir die o. 13-seuns en o. 17-dogters begin by Wilgewandel en eindig by UCC Grootkraal Primêr met 'n omdraaipunt op die R328.
Die 42 km-padresies vir die o. 15-seuns en o. 17-dogters begin by die Kango-grotte met 'n omdraaipunt by UCC Grootkraal Primêr en eindig weer by die grotte.
Die 54 km-padresies vir die o. 17-seuns begin by die Kango-grotte met 'n omdraai by Kobus se Gat en eindig weer by die grotte.
Die prysuitdeling vind hierna by plaas.
Vir meer inligting kontak Bence by 071 886 3787.