OUDTSHOORN NUUS - Nege van Langenhoven Gimnasium se 2018-matrieks het plekke op die WKOD se toptien merietelys in verskillende vakke behaal.
Twee leerders, Michelle Marra en GW Lund was in die eerste plek met hulle prestasies in onderskeidelik elektriese tegnologie en siviele tegnologie.
Die tweede plek in siviele tegnologie is ook deur 'n Gimmie-leerder, Ian Beszuidenhout opgeraap. Gimmies se hoofdogter van 2018, Anna Mart Schutte is vierde en sesde op die merietelys vir onderskeidelik ontwerp en Afrikaans-huistaal.
Die ander topmatrieks was: Theunis Oosthuizen - vierde in elektriese tegnologie, Morné Pienaar - vyfde in meganiese tegnologie, Carla Smit - sewende in rekenaartoepassingstegnologie, Simoné Fourie - sewende in toerisme en Chané de Ridder - negende in tegniese wetenskap.
As geheel het die matrieks van 2108 nasionaal en provinsiaal ook goed presteer. In Afrikaans huistaal behaal die skool die 15de posisie in Suid-Afrika vir die meeste A-simbole.
Afrikaans huistaal beklee ook die 17de posisie in die Wes-Kaap vir die beste gemiddelde persentasie. Elektriese - en siviele tegnologie behaal die 2de plek in die Wes-Kaap en meganiese tegnologie behaal algehele 4de plek in die Wes-Kaap.
Michelle Marra.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'