OUDTSHOORN NUUS - Een van Suid-Afrika se grootste voedselverspreiders, FoodForward SA, het Oudtshoorn verlede week besoek en sal voortaan op 'n maandelikse basis voedsel aan nie-winsgewende organisasies, kerke en sopkombuise in en rondom Oudtshoorn verskaf.
Crispin Sonn, voorsitter van FoodForward SA se direksie en ook van Kunste Onbeperk, het tydens die geleentheid gesê dat die onus op die organisasies rus om hul bande met die gemeenskappe te versterk en die voedsel getrou te versprei.
"Voedsel is 'n vertrekpunt vir baie tekortkominge in ons land soos werkloosheid en ontwikkeling van vaardighede en daarom is dit belangrik dat ons gemeenskappe se mae gevul moet word."
Belangstellende organisasies kan FoodForward SA se webwerf by www.foodforwardsa.org besoek om aansoek te doen vir voedselhulp.
FoodForward SA het Oudtshoorn verlede week besoek en sal voortaan op 'n maandelikse basis voedsel aan nie-winsgewende organisasies, kerke en sopkombuise in en rondom Oudtshoorn verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'