Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Eljada Nasorg in Oudtshoorn het Vrydagaand, 24 November, hul jaarlikse huisdinee aangebied met inwoners wat bederf is met die lekkerste kos en 'n geskenk vir elkeen.
Elke inwoner was uitgerus in hul deftigste pakkies, die mans elkeen met 'n strikdas en elke vrou in hul mooiste rok.
FOTOGALERY: Eljada Nasorg hou groot makietie
Die tafels vir die geleentheid is deur verskeie besighede geborg en elkeen uniek versier. Die personeel het die aand die inwoners bedien en almal het heerlik gedans.
VIDEO - Eljada Nasorg-inwoners geniet huisdinee (Video: Stefan Goosen).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’