KLEIN KAROO NUUS - Die film, Klein Karoo 2, word tans in die Matjiesrivier-omgewing verfilm.
Op Woensdag en Donderdag (23 en 24 September) word ‘n toneel van ‘n troue by Swartberg Country Manor verfilm en die vervaardigers is op soek na vrywilligers wat as “ekstras” in die film kan optree.
Vervoer word gereël en sal om 05:30 vanaf Queen’s Mall vertrek. Mense wat hulle eie vervoer gebruik moet reeds om 06:00 by Swartberg Country Manor aanmeld.
Vrywilligers is verantwoordelik vir eie grimering, haarversorging en kleredrag. Kleredrag moet geskik wees vir gaste wat ‘n troue bywoon: Neutrale kleure en geen hakskoene nie – die toneel word op ‘n grasperk geskiet.
Skakel Sam by 079 491 6665 vir inligting.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'