OUDTSHOORN NUUS - Die SA Weermagvereniging (SAWV) eenheid, Spekboom, hou op 7 Februarie om 10:00 hul algemene jaarvergadering by Kleinplaas. Registrasie vind om 09:30 plaas.
Die eenheidsvoorsitter. Pieter Cillie, noem dat die vergadering belangrik is en word soveel moontlik lede versoek om dit by te woon.
“Sodoende kan ons die aktiwiteite van die jaar beplan. Daar word gepoog om lede van die nasionale uitvoerende raad te betrek en hul teenwoordigheid as motivering sal dien vir eenheidslede om die vergadering by te woon.”
Cillie verduidelik dat die pad vorentoe die hoof agendapunt is, en onderwerpe soos samewerking, ondersteuning, herkenning, nasiebou en respek oop is vir bespreking.
“Aktiwiteite en projekte sal bespreek word, asook ledegeld en voordele aan lede. Die plaaslike besigheidskamer en besighede gaan betrek word met sosiale byeenkomste.”
Vir navrae kontak Cillie by 081 406 0466.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’