TUINROETE | KAROO NUUS - R300 000 se dwelms is die afgelope naweek in die Suid-Kaap deur lede van die 'Rural Flying Squad' gekonfiskeer. Volgens sers. Christopher Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die lede verlede Vrydag inligting ontvang dat dwelms op die N12 vervoer gaan word.
"Die lede het 'n taxi wat na George onderweg was afgetrek en tik ter waarde van R270 000 gevind. 'n 29-jarige man van Oudtshoorn en 26-jarige vrou van George is in hegtenis geneem."
Volgens Spies is daar later dieselfde dag op die R62 naby Ladismith nog 'n taxi afgetrek.
"Die voertuig is deursoek en 14 sakke dagga met 'n beraamde waarde van R24 000 is gevind. 'n 46-jarige verdagte van Calitzdorp is in hegtenis geneem."
Al drie die verdagtes is op aanklag van handel in dwelms in hegtenis geneem en sal die week in die hof verskyn.
Die tik wat naby Oudtshoorn gevind is. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'