Die enigste uitweg is vir gemeenskappe om saam te span, hande te vat en saam op te staan," was sy boodskap.
Hy het ook die breër ekonomiese impak van dwelmmisbruik belig. "Die ekonomie word op alle gebiede getoets. Misdaad neem toe, mense kan nie meer werk nie, die staat se hulpbronne word uitgeput. Dit is veral in klein dorpies, waar sakemanne en beleggers lugtig sal wees vir `n omgewing waar dwelmmisbruik hoogty vier, waar die gemeenskap die ekonomiese impak sal voel."