Die oorledenes en nog drie ander mense wat ernstig beseer is, moes deur Metro- en ER24-nooddienste met meganiese reddingskake uit die wrakke bevry word.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die ongeluk omstreeks 10:30 aan die voet van die pas naby George plaasgevind.
"Voorlopige inligting dui daarop dat die bestuurder van die silwer Toyota na George onderweg was toe hy na bewering beheer oor sy voertuig verloor het en reg van voor met ‘n wit Opel Astra, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, gebots het."
Die bestuurder van die Toyota Yaris, mnr. Johannes Jansen (45) van Uniondale en sy seun, Shamiel Blaauw (16) is op die toneel dood. Jansen se ander seun, Jason Blaauw (20) en sy vriend, Edmund Bezuidenhout is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Hulle was na verneem word onderweg na George om goedere aan te koop vir Jason se 21stse verjaarsdagpartytjie wat die komende naweek sou plaasvind.
Mnr. Daniël Stander (50) van Knysna was die bestuurder van die Opel Astra. Hy is ook op die toneel oorlede. Hy en sy seun, ook Daniël (in sy 20's) was alleen in die motor. Daniël is ook na die hospitaal geneem vir mediese behandeling.
* A father from Uniondale, Johannes Jansen (45) and his teenage son, Shamiel Blaauw (16) were two of the three people who died in a head-on collision on Saturday morning at the foot of the Outeniqua Mountains, just outside Blanco. Jansen allegedly lost control of his silver Toyota Yaris and collided with a white Opel Astra travelling in the opposite direction towards Oudtshoorn. Jansen's other son, Jason (20) and his friend, Edmund Bezuidenhout suffered serious injuries and were taken to hospital.The driver of the Opel, Daniël Stander (50) from Knysna also died on the scene. Stander's son, also Daniël (in his 20s), was also injured and taken to hospital. Police are investigating a case of culpable homicide.

Die wrak van die Opel Astra.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'