Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Klein Karoo Connect, 'n nie-winsgewende organisasie wat gedurende die inperkingstyd gestig is en op verskeie gemeenskapsprojekte fokus, het weekliks op Eden FM gesprekke met drie sielkundiges oor verskeie kwessies wat mense raak.
Een van die kwessies, is die Covid-19-pandemie.
Hans van der Veen, 'n lid van Klein Karoo Connect, sê hulle het weens die groot impak wat die pandemie op mense het en die agterdogtigheid wat steeds onder mense is oor die inentings, vir die tweede week 'n gesprek met dokter Wessel Vemeulen, 'n algemene praktisyn op Oudtshoorn gehad.
Vermeulen die voorsitter van die mediese raad, en volgens Van der Veen word sy opinie oor die pandemie en inentings hoog geag.
Klein Karoo Connect se gesprekke kan Maandae aande vanaf 20:00 op Eden Fm gevolg word.
Hulle het ook 'n Facebookblad en Youtube-kanaal waar belangstellendes die gesprekke en ook ander "podcasts" kan volg.
Hieronder is die nuutste gesprek met dokter Vermeulen:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'