OUDTSHOORN NUUS - ‘n Dringende beroep word op inwoners en sakelui gedoen om drinkwater, energiedrankies en kosvoorrade wat energie verskaf te skenk aan die brandweermanne (25), CapeNature-personeel en ondersteuningspanne wat die brand tussen Matjiesrivier en Lategansvlei beveg,
Volgens ‘n persverklaring vanaf Christo Vermaak, woordvoerder van burgemeester, Johan Allers werk die spanne reeds die afgelope twee dae onder uiters moeilike, warm en moeilik begaanbare omstandighede, waar toegang beperk is en fisieke uithouvermomoë tot die uiterste beproef word.
Die volgende items kan geskenk word. Dit kan by die CapeNature-kantoor in die Queens Hotel-gebou in Oudtshoorn afgelewer word. Enige navrae kan gerig word deur ‘n WhatsApp te stuur na 082 788 4933.
• Elektroliet- en sportdrank
• Individuele elektroliet-poeierpakkies
• Blikkies- of kartonvrugtesap
• Langlewemelk
• Kitskoffie en -tee
• Hoë-energie en proteïenpeuselhappies
• Energie- en proteïenrepies
• Neute en roetemengsels (trail mix)
• Gedroogde vrugte soos rosyne, appelkose en vrugtelekkers
• Gereed-om-te-eet etes
• Blikkiesvleis en -vis
• Blikkiesop
• Blikkiesbone en -groente
Alle skenkings sal ‘n wesenlike bydrae lewer om hierdie spanne te ondersteun terwyl hulle hul lewens waag om mense, eiendom en die natuur te beskerm.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’