OUDTSHOORN NUUS - Ricardo Arendse se bekroonde drama, Die halwe huis, keer terug na Oudtshoorn vir een laaste speelvlak.
Marlo Minnaar is in 2022 as die beste akteur by die Toyota US Woordfees bekroon vir sy rol as Bumper Jansen.
Onder regie van Lee-Ann van Rooi word die gehoor op reis deur Jansen se kinderdae, sy tienerdae op die Kaapse Vlakte en sy grootmensjare in Johannesburg geneem.
Hy is op 17 November om 11:00 sowel as 18 November om 19:00 by die SANW-ouditorium te sien
Gaan na webstickets.co.za om kaartjies te koop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’