Update
OUDTSHOORN NUUS - ‘n Derde persoon is dood na die botsing op die Rooiheuwel-pad Vrydagnag.
Die bestuurder van die motor, Sydwell Kerspuy, het Saterdag in die hospitaal aan sy bewerings beswyk.
Die ander twee persone wat op die toneel dood is, was Leon Makena en Nicolene Pedro.
Hulle was onderweg na hulle huise na afloop van die funksie waartydens Agri Klein Karoo se landbouwerkers van die jaar aangewys is.
Pedro en Makena was genomineerdes en Kerspuy was die derdeplekwenner in die kategorie vir tegniese operateur.
Kerspuy se vrou, Mona was die vierde insittende in die motor. Sy is met beserings in die hospitaal opgeneem en intussen ontslaan.
Die ongelukstoneel.
Lees 'n vorige artikel: 2 sterf in ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'