Die film word hoofsaaklik op Klaarstroom en op 'n plaas naby die grondpad tussen Klaarstroom en Willowmore geneem.
Tweede assistent direkteur, Candice Smith, het haar hande vol gehad om al die voornemende akteurs by te staan. Daar is foto's geneem van elke potensiële ekstra, en selfs inligting soos liggaamsmates is geneem en opgeteken. Roets en Smith sal deur die foto's en inligting gaan en keurings maak volgens vereistes in elke toneel.
Smith sê sy was lanklaas by haar huis in Johannesburg, maar kla glad nie daaroor nie.
"Dis vir my 'n groot eer om saam met iemand soos Koos Roets te werk," het sy gesê. "Hy is 'n lewende legende en die geleentheid om by iemand soos hy te leer is 'n absolute voorreg."
Verfilming van Faan se Trein begin op 16 April en behoort teen 20 Mei afgehandel te wees.
Mense wat belangstel om voor die kamera te pronk indien daar nog plek is vir ekstras kan Candice Smith by 071 6858 444 kontak. Sy sal weer op 6 April op De Rust wees.
Faan se Trein word in 2014 vrygestel.

De Rusters, Yolanda van Zyl, Ronell Marx, Piet van der Veer en Jenny du Plessis was onder die groep inwoners wat geregistreer het as moontlike ekstras vir Koos roets se nuwe fliek 'Faan se Trein'. Foto: Leon Nell