CALITZDORP NUUS - De Krans-wynkelder in Calitzdorp het weereens sy plek as een van Suid-Afrika se voorste port-styl wynprodusente bevestig met 'n reeks uitmuntende prestasies by gesogte wynkompetisies.
By die Fine Wine Awards het De Krans die trofee vir Beste port-styl wyn ingepalm met hul Cape Tawny (non-vintage). Daarbenewens is twee goue sertifikate aan die Cape Vintage 2020 en die Cape Vintage Reserve 2020 toegeken.
Die 2025 Michelangelo Internasionale Wyn- en Spiritustoekennings, een van Suid-Afrika se grootste wynkompetisies met internasionale beoordelaars, het De Krans bekroon met 'n dubbelgoud vir die Cape Vintage Reserve 2020, asook goud vir die Cape Tawny (non-vintage).
Verder het die 2025 Suid-Afrika Wynverslag deur die Britse wynkenner, Tim Atkin, drie van De Krans se wyne met 90 punte of hoër bekroon. Die Cape Vintage Reserve 2023 het 94 punte verwerf, die Cape Tawny 92 punte en die Tritonia Verdelho 2023, 'n elegante witwyn van Portugese kultivars, 90 punte.
De Krans se onlangse prestasies beklemtoon hul konsekwente gehalte en toewyding tot wêreldklas wyne.
n Vir meer inligting of om aanlyn bestellings te plaas, besoek: www.dekrans.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’