OUDTSHOORN NUUS - Die DA-raadslede het vandag eenstemmigheid gehandhaaf toe twee mosies van wantroue ingedien is.
Raadslede Vlancio Donson (Icosa) en Jevan Juthe (Sarco) was onderskeidelik die voorsteller en sekondant van mosies van wantroue teen die onderburgemeester en die speaker.
Die mosie teen onderburgemeester Noluthandu Mwati is deur die speaker van die hand gewys.
Die mosie van wantroue teen die speaker, Julia le Roux, is deur 13 stemme (DA) teenoor 10 stemme van opposisie partye afgeweer.
Die deel van die vergadering wat oor die Webber Wentzel-verslag handel sal in komitee geskied.
Die volgende raadsvergadering vind Vrydag plaas waartydens die DA se burgemeesterskandidaat, Chris McPherson, as burgemeester ingestem moet word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'