OUDTSHOORN NUUS - Chris McPherson is vandag as DA raadslid in die plek van Colan Sylvester ingesweer.
Sylvester was die burgemeester van Oudtshoorn voordat hy 'n aantal weke gelede bedank het.
McPherson is die DA se burgemeesterskandidaat, maar moet nog tydens 'n raadsvergadering as burgemeester ingestem word.
Gideon Badenhorst, 'n plaaslike prokureur, was die kommissaris van ede tydens vandag se inswering. Die waarnemende munisipale bestuurder, Reginald Smith, speaker Julia le Roux en onderburgemeester Noluthando Mwati was ook teenwoordig.
Chris McPherson
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'