CALITZDORP NUUS - Calitzdorp-wynkelder is pas by die SA Jong Wynskou aangewys as die kelder met die kampioen-rooiwyn in die Klein-Karoo van die 2018 oes.
Die SA jongwynskou dateer terug na 1833 en word jaarliks aangebied. Die agt deelnemende streke is Robertson, Worcester/Breedkloof, Stellenbosch, Paarl, Oranje-Vaal, Olifantsrivier, Swartland en die Klein-Karoo.
Behalwe vir die prestasie as die streek se kampioenrooiwyn het Calitzdorp Kelders ook 'n silwermedalje vir hulle port en 11 bronsmedaljes in verskeie ander wynklasse ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Hessequa nuus'