OUDTSHOORN NUUS - Bridgton Senior Sekondêre Skool se 2022-matrieks het vanjaar 'n slaagsyfer van 80,9% behaal. Die skool se topdrie leerders is Jordan Tiemie, Jodi Fouche en Paris Madi.
Volgens Tiemie beoog hy om onderwys aan die Universiteit van Wes-Kaapland te studeer. Fouche gaan aptekerswese studeer by die Universiteit van Potchefstroom.
Volgens Madi het sy planne om medies by Universiteit van Kaapstad te studeer.
Van links is Chris Macpherson (burgemeester), Jodi Fouche, Jordan Tiemie, Paris Madi en Phil Mooney. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'